Die Totstandkoming van Rovers Rugbyklub

Welkom en Omgewing

 Die stad Welkom was 60 jaar gelede in sy kinderskoene en nie die mooi , netjiese stad soos ons dit vandag ken nie ; dit was n plat , warm , stowwerige plek , bedek met savanna sonder bome en teerpaaie , wat maar min aan sy inwoners gebied het. Die ekonomie van Welkom was destyds hoofsaaklik deur die mynbedryf oorheers en die plaaslike bevolking het grontendeels uit jongmense bestaan wat deur die groter salarisse deur die myne daarheen gelok is. Vanwee die swak toestand van die paaie tussen welkom en die naburige dorpe Odendaalsrus , Hennenman en Theunissen , was die inwoners nie gretig om buite welkom te sosialiseer nie . Die myne het egter davoor vergoed deur baie aantreklike sportgeriewe vir hulle werknemers beskikbaar te stel , soos bv die St helenamyn-klub , oftewel die ''Saints'' - klub soos dit onder die inwoners bekend was

hoewel buitestaanders welkom was om by die klubs aan te sluit , was die meeste sportmanne ongelukag met die totale beheer deur die senior mynamptenare oor die klubs en het die idee van n eie klub , onder hulle eie beheer , ,by hulleposgevat

Rovers rugbyklub se onstaaan

n paar manne in die boubedryf , hoofsaaklik werknemers van Roberts Konstruksie en Jho Laing & Sons , het besluit om skouer aan die wiel te sit en het april 1951 in saal in n voorstas genaamd Rainboe Valley (so genoem a.g.v. die veelvuldige kleure van die geboue) in Rheederspark n stigtingsvergadering vir n ope klub gehou . Frikkie Pretorius , JHJ Burke , Tommy Muncher , Johnny en Dick Greyling het met die vergaderinggestalte gegee aan rovers Rugbyklub , met Dougie Baart as die eerste sekretaris.Hierdie stap het n geweldige invloed op baie mense se lewens en ook op menige inwoners van Welkom daarna gehad

Die eerste rugbyoefening het n paar weke na die stigting van roversklub op die gronde wat oorsprongklik aan die Welkom Township behoort het , plaasgevind . Die veld is deur die spelers self opgemeet en die pale deur hulself geplant . aan die beginjare wurg die klub onder moeilike omstandighede; die klub het aanvangklik te min spelers gehad en moes sonder n afrigter klaarkom . Die stowwerige , graslose rugbyveld laat spelers besonder vuil na n wedstryd , wat dan sonder wasgeriewe mows klaarkom . By gebrek aan n klubhuis moes spelers na n wedstryd maar tevrede wees met n bier uit iemand se motor bagasiebak! Van die pawiljoene was daar nie sprake nie en toeskouers het wedstryde van uit hul motors , watlangs die veld parkeer was , gradegeslaan

Die eertse ''ware'' afrigter van Roversklub was Howard Watt , self oud-springbok , wie se hulp vanselfsprekend baie vir die spelers beteken het . Later het ook Okkie Geffin (springbok-heelagter in 1949) van tyd tot tyd kom hand bysit met die afrigting. Hulle goeie werk waord opgevolg deur manne soos Oosie Oosthuizen , Sarel Raath , Sybrand Mostert , Jannie Wessels en Chris Parson (afrigter en skeidsregter). Die bestuur is gelei deur Bertie Maritz as eerste voorsitter , opgevolg deur Mnre. Morrison , Jack Coetzee , Sybrand Mostert , Jannie Wessels en Dolf Brits . Die klub het selfs later met die universiteite saamgespan en verskeie toernooie van Wits , Rhodes  , Potch , Natal en Stellenbosch is daar aangebied . Onder die wakende oog van die nimlike dr Danie Craven is selfs n paaruniversiteits proewe by Roversklub gespeel. Bekendeskeidsregters wat ook in die geskiedenisboeke van Robers opgeteken staan , was andereMax Baiese ( oud springbok skeidsregter), Arthur Verneble, "strafskop" Scheepers, Dr Woudberg , Dr Gillwald , Sakkie Kemp en Wollie Wolmarans

Rovers rugbyklub het n aansteeklike spangees gehandhaaf ; geen speler het omgegee vir watter span hy uitgedraf het nie selfs die "glukospan" was voldoende. Die span was geskep vir spelers wat nie die oefeninge gedurende die week bygewoon het nie as n straf na n laer span afgeskyf is . Die sterk gees wat daar geheers het , het later oorgespoel tot die stigting van n netbalklub en uiteindelik later tot n aalgemene sportklub , waar hokkie , tennis , krieket , muurbal , jukskei en rolbal beoefen kan word . Hieruit het permanente vriendskapsbande ontstaan en is mooi herinneringe opgebou , wat 167 oud lede onlangs weer na baie jare met mekaar kon deel tydens die Roversklub reunie wat op 30 september 2002 gehou is. Lang afstande vanuit alle dele van die land is afgele om teenwoordig te wees n bewys dat iets uniek onstaan het by die enkele besluit om n eie rugbyklub onder eie beheer te stig .

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola